Geagte Kliënt
13 Januarie 2014
Ons het van te vore vir u die onderstaande tabel gestuur om te wys dat u
belegging in KMB/KMF vir die afgelope 4 maande baie goed doen.
Fund
|
Cur
|
Sep
|
Oct
|
Nov
|
Dec
|
KMB (Kanaan Met Balanced FoF)
|
(ZAR)
|
2.55%
|
3.11%
|
0.56%
|
3.0%
|
KMF (Kanaan Met Flexible FoF)
|
(ZAR)
|
3.19%
|
3.91%
|
0.37%
|
3.49%
|
Toe u aanvanklik u belegging in KMB/KMF gemaak het, het u besluit op een
van die volgende administrateurs: AIMS (ABSA), Glacier (Sanlam), Met Collective
(Momentum), Investec, PSG. Genoemde maatskappye bestuur nie u belegging nie,
hulle is slegs verantwoordelik vir die opdatering van u waardestaat en die
versending daarvan eenmaal per jaar vir inkomstebelasting doeleindes. Ons hier
by Kanaan Trust, wat die mandaat het, is verantwoordelik vir die bestuur van
KMB en KMF, maar wanneer u dink aan die belegging dink u aan of AIMS, of
Glacier, of Momentum, of Investec, of PSG aangesien hulle, hul eie name
adverteer op die waarde state wat hulle vir u stuur en soms nalaat om KMB of
KMF te noem, behalwe as ‘n mens spesifiek vir die naam van die fonds vra.
Indien u in die daaglikse koerante bv. Die Beeld, Die Pretoria News, Die
Mercury, of een van die Sondag koerante, die daaglikse prys bewegings van u
belegging wil na volg, sal u dit slegs onder die naam KMB of KMF vind.
KMB/KMF was lank laas onder die top 10 effekte trusts in
Suid Afrika sedert die 2008 “Credit Crunch Crash”, weens ons versigtigde
benadering. Ons het egter sedert Augustus 2013 vertroue dat die eerste wêreld
lande besig is om te herstel en ons maksimum tolaatbare allokasie van 40% in
die top buitelandse fondse naamlik Allan Grey Orbis, Old Mutual Global en Deutche
Bank MSCI USA, het bygedra daartoe dat beide KMF en KMB vir die een maand
periode sowel as die 3 maand periode, die 4de plek onder Suid Afrikaanse
effekte trusts, balanced en flexible, behaal het (Sien spreadsheet hierby
aangeheg).
Ons kon seedert 2008 ons konserwatiewe benadering laat vaar het, meer
aggressief belê het en onder die top 10 gebly het, soos wat ons dit reggekry
het die voorafgaande 13 jaar, sedert 1995 toe ons hierdie fondse begin bestuur
het, maar dan sou ons die risiko moes aanvaar dat indien die wêreldmarkte
oornag weer intuimel met 35%, ook ons kliente se beleggings waardes met 35% sou
val, vir ‘n onbepaalde tydperk. Ons was
nie bereid om daardie risiko te neem nie.
Vriendelike groete,
Andre Delport