NEWS ARCHIVE 
A value is required.
Back to News Kanaan Unit Trusts, Prestasie verslag
25 Maart 2014
Print

Beste Klient

25 Maart 2014

Vind hier ‘n drukstuk van “Money Mate International” waarvolgens Kanaan Balanced Fund of funds, waarin u belê is, baie goed gedoen het oor die 6 maande periode, sedert 1 Augustus 2013 toe ons besluit het om in groei fondse te belê en 20% om te skakel na gereguleerde buitelandse fondse, wat die maksimum toelaatbaar is. U sal opmerk dat die fonds 34ste plek behaal het oor die 6 maande periode, in vergelyking met 148 fondse in die kategorie Multi Asset High Equitty en 4de plek in vergelyking met ander fonds van fondse. U wil natuurlik in fonds van fondse belê wees wat u veel beter kan diversifiseer. U sal oplet dat die fonds 9.8% oor die 6 maande periode gedoen het. Indien ons hierdie tempo van groei kan handhaaf sal u uiteindelik meer as 18% groei oor die 12 maande periode sien. (sien hierby aangeheg Bl. 1 - 3).

Kanaan Flexible Fund of Funds word soortgelyk bestuur as Kanaan Balanced, maar sonder die beperking van die pension fonds wet waarvolgens ons ten minste 25% in die geld mark moet belê. Kanaan Flexible het 21ste gekom oor die 6 maande periode, in die flexible kategorie en 4de in vergelyking met fonds van fondse, met 11.17% groei oor die 6 maande periode (Bl3 -5).

Vriendelike groete,

Andre Delport

Back to News   Print